Date: Monday, 25 September 2023 - Monday, 25 September 2023
Price: R 15,00 - R 100,00
Venue: Voortrekkermonutment-terrein View map
- Doors open: 07:30
- Show Starts: 08:00
- Show Ends: 16:00
About this event:Dis weer tyd vir die Voortrekkermonument se jaarlikse Erfenisfees en oudergewoonte gaan dit 'n dag wees van propvol pret vir die hele gesin.
Hier is waarna jy kan uitsien tydens die Erfenisfees:
1. FAK Familie- & Erfenisfees
2. Antiek- en Versamelaarsmark
3. Boeredanse en Volkspele
4. Heerlike boerekos en 'n brood- en biertent
5. Allerlei stalletjies waardeur jy kan wandel
6. Boeremusiek
7. Jukskeipret
8. Verskeie aktiwiteite vir die jongspan (boeresport, erfenispret, perdry ens.) en nog vele meer!
PROMOSIE: ONTVANG ‘N GRATIS ERFENISFEES KAARTJIE AS JY VIR DIE TOEKOMSBOU MUSEUMTEATER BESPREEK!
Ervaar 120 jaar in 120 minute met 1 fotoalbum en 12 tonele! Die Toekomsbou Museumteater vertel die Afrikaner se storie deur ‘n unieke reis deur tyd. J.P. de Villiers sit met ‘n probleem: hy moet ‘n universiteitstaak oor sy herkoms voltooi, maar het geen idee wie hy werklik is nie. Met sy ouma se fotoalbum onder die arm ontmoet hy die vroue uit sy herkoms, en in die proses leer hy nie net waar hy vandaan kom nie maar besef hy wie hy wil wees. Die Afrikaner gebruik sy beitel om ’n toekoms vir die nageslag oop te kap! Kom ervaar dié verhaal van die Afrikaner van 1902 tot vandag in ons pragtige Museumteater! Dit is ’n verhaal van swaarkry, geloof, toekomsbou en hoop.
Bespreek jou kaartjie teen 24 September 2023 en ontvang ‘n gratis toegangskaartjie om die Erfenisfees by te woon!
Bespreek hier: Online Activity Booking - Die Voortrekkermonument | The Voortrekker Monument - Q2B